Saison 7

14 épisodes

(11 h 40 min)

1
2
3
4
5
6
7
8
9
10

Filtrer

Saison 1

Saison 3

Saison 4

Saison 5

Saison 6

Saison 7

Saison 8

Saison 9

Saison 10

Saison 15

Saison 17

Épisodes

Modifier ma progression
Die MV Liemba
-

S7 E8 Die MV Liemba

Om op die MV Liemba op die Tanganjikameer te vaar is vir jare reeds ’n Voetsporedroom. Dis ’n senutergende wag by Mpulungu op die aankoms van die skip, maar as sy eers opdaag en die voertuie, vrag en ander passasiers aan boord gaan, is dit ’n uitsonderlike ervaring tydens die drie dag lange vaart noord. Met die aankoms in Kigoma is daar meer as 200 ton vrag en meer as 650 passassiers aan boord.

Première diffusion : 25 septembre 2011

Sjimpansees in Nyungwe
-

S7 E9 Sjimpansees in Nyungwe

Rwanda is die digbevolkste land in Afrika. Tog het die land die grootste verskeidenheid van primate in sy woude. Die span reis na die suidweste van die land en gaan stap in die Nyungwewoud, op soek na sjimpansees. Wanneer hulle ’n trop kry, is dit ’n baie vreemde ervaring.

Première diffusion : 2 octobre 2011

Nalatenskap van 'n volksmoord
-

S7 E10 Nalatenskap van 'n volksmoord

Rwanda is ’n pragtige land.Tog, in 1994, het die land een van die grootste menseslagtings beleef toe bykans ’n miljoen mense tydens die volksmoord vermoor is. Oral in die land is daar gedenktekens met die leuse: Nooit weer nie! Na afloop van die besoek aan Rwanda, reis die span na Uganda en gaan deur die Ondeurdringbare Woud.

Première diffusion : 9 octobre 2011

Die Queen Elizabeth Nasionale Park
-

S7 E11 Die Queen Elizabeth Nasionale Park

Die park is vernoem na die koningin van Engeland. Sy het die park nog maar net een keer besoek. Dit is geleë op die oewer van die Edwardmeer. In die suide, by Ishasha, is daar die boomklimleeus. In die noorde, langs die Kazingakanaal, is daar ’n oorvloed van voëlspesies asook wilde diere soos olifante, buffels, seekoeie, krokodille, waterbokke, topi en talle meer. Na ’n besoek aan die park kruis die span die ewenaar.

Première diffusion : 16 octobre 2011

Adrenalien stormloop by Jinja
-

S7 E12 Adrenalien stormloop by Jinja

Vanaf Fort Portal reis die span na Jinja op die Nyl. Dit word haas een van die avontuurbestemmings op die vasteland, met witwaterroei, rekspring en visvang op die Victoriameer net ’n paar van die aktiwiteite.As alternatief is daar ook net die kans om te ontspan langs die wêreld se langste rivier.

Première diffusion : 23 octobre 2011

Afrika se tweede grootste
-

S7 E13 Afrika se tweede grootste

Berg Kenia is 5000 meter hoog. Die span reis deur Nairobi na Nanyuki en klim dan die berg in net twee dae. Dit is ’n uitdaging, veral vir ses manne wat nie juis fiks is vir die aanslag op die berg nie. Maar die natuurskoon is ongelooflik, en om die kruin by Punt Lenana te bereik is ’n prestasie.

Première diffusion : 30 octobre 2011

Die ongenaakbare Chalbi
-

S7 E14 Die ongenaakbare Chalbi

Die pad noord in Kenia is die slegste op die vasteland. Wanneer die span die Chalbiwoestyn bereik, is dit een groot moddersee nadat die plek sy eerste behoorlike reënin vyf jaar gehad het. Hier kom die span voor een van sy grootste uitdagings tot dusver op vanjaar se reis te staan.

Première diffusion : 6 novembre 2011

Ernstige moeilikheid in die wildernis
-

S7 E15 Ernstige moeilikheid in die wildernis

Die Sibiloi Nasionale Park in die noorde van Kenia is geleë in ’n woestyn. Dis warm, droog en onherbergsaam. Maar in die park is die pragtige Turkanameer – een van Afrika se mooiste Skeurvalleimere en die plek waar Richard Leaky argeologiese skatte gevind het. Maar hierdie week tref teëspoed die span. Eers kan hulle nie Ethiopië binnegaan nie weens ’n gebrek aan visums, en boonop breek een van die voertuie. Dit beteken ’n 700 kilometer reis agter op ’n vragmotor, oor van die mees uitdagende terrein op die kontinent.

Première diffusion : 13 novembre 2011

Lang wag voor die reis noord
-

S7 E16 Lang wag voor die reis noord

In Nanyuki word die voertuig herstel, en daarna wag die manne vir hulle paspoorte met Ethiopiese visums. Wanneer dié uiteindelik opdaag is dit weer noord met die Marsabit Moyale-pad, en vandaar die lang pad na Addis Abeba, hoofstad van Ethiopië.

Première diffusion : 20 novembre 2011

Die Verbondsark in Aksum
-

S7 E17 Die Verbondsark in Aksum

Die week se reis is noord, met die een bergpas na die ander oor die Hooglande van Ethiopië. Die span besoek die oudste klipkerk in Ethiopië en reis dan na Aksum. Aksum was eens die setel van die Koningin van Skema. Sy het vir Koning Salomo ’n seun gebaar en die seun, Manalik, het die Ark van die Verbond, die tablette met die Tien Gebooie, na Aksum gebring. Vandag nog word die teenwoordigheid van die Arik in Aksum gevier, en die span word deel van ’n Verbondsarkprosessie.

Première diffusion : 27 novembre 2011

’n Kruising na Nubiese Woestyn
-

S7 E18 ’n Kruising na Nubiese Woestyn

Die span reis van Ethiopië na Soedan en gaan die Sahara binne. Net noord van Port Sudan aan die Rooi See gaan snorkel die namme. Die plan om noord te reis en Egipte binne te gaan aan die Rooi See word verydel en daar moet die manne dieper die Nubiese Woestyn in, in die rigting van Atbara en Wadi Halfa

Première diffusion : 4 décembre 2011

Vanaf Wadi Halfa met ’n veerboot
-

S7 E19 Vanaf Wadi Halfa met ’n veerboot

Die enigste manier om die grens oor te steek van Soedan na Egipte is oor die Aswandam. Weekliks vertrek ’n veerboot van Wadi Halfa na Aswan. Die veerboot neem net passassiers. In Aswan aangekom moet die span wag vir die voertuie om op te daag. Die tyd word verwyl deur die pragtige stad op die oewer van die Nyl te verken.

Première diffusion : 11 décembre 2011

Die fabelagtige Wit Woestyn
-

S7 E20 Die fabelagtige Wit Woestyn

Nadat die voertuie uiteindelik arriveer kan die span verder. In plaas daarvan om met die Nyl langs te reis na Kaïro, reis die span deur die Sahara. Naby een van die oases in die weste van Egipte kom hulle die fabelagtige Wit Woestyn teë. Dis ’n uitsonderlike wêreld wat deur die eeue deur winderosie geskep is.

Première diffusion : 18 décembre 2011

'n Reis eindig in Alexandrie
-

S7 E21 'n Reis eindig in Alexandrie

Na drie maande kom die span aan in Alexandrië aan ide Middellandse See. Die reis van 20000 kilometer kom tot ’n einde by die vuurtoring van die farao. Elke ekspedisie het sy uitdagings en hierdie een het opnuut bewys Afrika is ’n kontinent met verskeidenheid en avontuur.

Première diffusion : 25 décembre 2011