Saison 1

39 épisodes

(5 h 15 min)

1
2
3
4
5
6
7
8
9
10

Filtrer

Saison 1

Épisodes

Modifier ma progression
Episode 01

S1 E1 Episode 01

Première diffusion : 5 février 2005

Episode 02

S1 E2 Episode 02

Die Brand familie vind dit erg om klein Enegela se dood te verwerk. André probeer munt slaan uit die die tragedie en sodoende die beheer van Brandstaal te verkry.

Première diffusion : 19 février 2005

Episode 03

S1 E3 Episode 03

Willie & Sonja vind dit erg om klein Enegela se dood te verwerk. Veronica probeer om vir Sonja afhanklik te Maak van “kalmeer pille”.

Première diffusion : 26 février 2005

Episode 04

S1 E4 Episode 04

Willie begin om drank erg te misbruik en veroorsaak ‘n groot moles by Claudette se partytjie. Claudette word baas by Brand Staal. Michell en Pieter trek terug in die huis in.

Première diffusion : 5 mars 2005

Episode 05

S1 E5 Episode 05

Première diffusion : 12 mars 2005

Episode 06

S1 E6 Episode 06

Tannie Dottie se groot geheim kom uit. Oom Boet kom haal haar by die brand woning en loop hom vas teen Willie Brand. Veronica is besig om Sonja met pille afhanklik van haar te maak.

Première diffusion : 19 mars 2005

Episode 07

S1 E7 Episode 07

Willie Brand verdwyn spoorloos en die familie verwag die ergste. Da Silva beweeg in om BRAND STAAL oor te neem. Sonja raak afhanklik van die pille wat Veronica haar mee voorsien.

Première diffusion : 26 mars 2005

Episode 08

S1 E8 Episode 08

Burger en Werner slaan vuis en Tannie Dot moet inspring om die vrede te bewaar. Sonja besef Veronica is Besig om haar te manipuleer en afhanklik te maak van die “pille” wat toe nie so onskuldig is nie.

Première diffusion : 2 avril 2005

Episode 09

S1 E9 Episode 09

Sonja probeer alles om met Veronica op te maak na ‘n uitval, maar die opmaak gaan eerder oor die “pille” as Veronica se vrienskap. Dottie en Boet staan op skei.

Première diffusion : 9 avril 2005

Episode 10

S1 E10 Episode 10

Veronica kom terug, maar is nou vol allerande eise aan Sonja. Pieter en Michelle se huweliksprobleme word tot ‘n punt gedryf. Werner begin om vir Andre af te pers oor die gesteelde “lap-top”.

Première diffusion : 16 avril 2005

Episode 11

S1 E11 Episode 11

Marius kom kuier onverwags uit die Kaap, maar hy kry nie die ontvangs by Claudette waarop hy gehoop het nie. Veronica het ‘n uitstekende plan vir ‘n blyplek wat by haar leefstyl sal pas. Sonja probeer Claudette vertel van die houvas wat Veronica op haar het, maar sy kan net nie die moed bymekaar skraap nie. Marius konfronteer Da Silva oor Claudette. Michelle is glad nie geneë daarmee dat haar voorbeeldige ouer suster haar die leviete oor die huwelik voorlees nie. Boet weier om verder deel te hê aan Werner se plan met Snoekie. JP kry al weer die wind van voor met een van sy geldmaakskemas, maar hy hoop Tiaart kan hom uit sy penarie red. Die slinkse Veronica is vasberade om vir Pieter in haar kloue te kry – sy klop selfs by Michelle aan!

Première diffusion : 23 avril 2005

Episode 12

S1 E12 Episode 12

Claudette wroeg oor die aanval op Marius. Sy sukkel om te glo dat Manny da Silva dalk daaragter sit, soos Marius beweer. Tiaart is uit sy vel van blydskap as Snoekie uit die bloute weer te voorskyn kom. Dotty wil iets oorkom as Veronica by die Brand-woning intrek, maar Sonja beplan nie om iets aan die saak te doen nie. Michelle kan maar net nie vir Pieter reg hanteer nie en Veronica se inmengery vererger net sake. Da Silva hou glad van Claudette se skielike terughoudendheid nie. André probeer uitvis of Pieter nog ongerymdhede in Brand Staal se finansiële sake opgespoor het. Michelle besluit om Werner se loopbaanadvies te volg. Marie wil dringend met Werner praat – sy het ‘n belangrike saak om met hom te bespreek. Tiaart is die ene senuwees voor sy eerste afspraak met sy droommeisie en Burger maak dinge nie makliker nie. Die slinkse Veronica bewerk Dotty se ondergang.

Première diffusion : 30 avril 2005

Episode 13

S1 E13 Episode 13

Dotty is weg, maar Ouma is terug om die huis reg te ruk. Sonja raak heeltemal afhanklik van die kalmeerpille wat Veronica haar voer. Veronica verly vir Pieter. Werner weier om te glo hy is die Pa van Marie se baba.

Première diffusion : 7 mai 2005

Episode 14

S1 E14 Episode 14

Ouma Madelein kom neem die huishouding oor. Tiaart raak verlief op Danêl. Manny Da Silva raak hardhandig met Claudette en forseer homself op haar.

Première diffusion : 14 mai 2005

Episode 15

S1 E15 Episode 15

Marius probeer vir Caudette wys hoe voel hy oor haar, maar sy jak hom af. Sonja raak verslaaf aan kalmeerpille. Da Silva dreig om Brand Staal oor te neem.

Première diffusion : 21 mai 2005

Episode 16

S1 E16 Episode 16

Marius probeer opmaak met Caudette, maar is on suksesvol. Da Silva dreig vir Caudette met haar Pa se dood as sy weier om sy minaarres te word. Werner raak ontslae van Marie deur haar soos ‘n dief te laat lyk.

Première diffusion : 28 mai 2005

Episode 17

S1 E17 Episode 17

Claudette word Da Silva se minnaares en Marius aanvaar dit baie swaar. Sonja se ma kom agter dat sy aan pille verslaaf is. Veronica raak moeg vir ‘n verliefde Pieter en speel hom af teen Werner.

Première diffusion : 4 juin 2005

Episode 18

S1 E18 Episode 18

Tanja haak vir Maruis tot Claudette se ontsteltenis. Ouma Madelein besef Sonja het ‘n probleem met haar pille. Burger raak smoorverlief op Adel. Michelle betrap vir Veronica in Pieter se arms.

Première diffusion : 11 juin 2005

Episode 19

S1 E19 Episode 19

Liefde is in die lug. Burger raak verlief op Adel en Tiaart op Danel. Pieter is smoorverlief op Veronica, maar sy stel nie belang nie. Michelle gooi vir Veronica in die jacuzzi. Sonja vind uit wie die “ander vrou” is.

Première diffusion : 18 juin 2005

Episode 20

S1 E20 Episode 20

Première diffusion : 25 juin 2005

Episode 21

S1 E21 Episode 21

Veronica dreig vir Sonja totdat sy uit haar huis uit-trek, dan trek Veronica in Sonja se kamer in. Pieter en Michelle probeer opmaak. Werner begin met Adel lol, tot Burger se ontsteltenis. Danel vind uit wie haar Pa se minnaares is.

Première diffusion : 2 juillet 2005

Episode 22

S1 E22 Episode 22

Dotty trek terug om die huis weer reg te ruk. Danel verbreek die verhouding tussen haar en Tiaart. Claudette kan die spanning nie meer vat nie en raak onverantwoorderlik. Jaques kom pes vir Pieter en Michelle.

Première diffusion : 9 juillet 2005

Episode 23

S1 E23 Episode 23

Dotty vind uit dat Claudette deur Da Silva geslaan is. Marius word amper verlei deur Tanya. Jaques begin om vir Michelle af te pers. Burger betrap vir Adel in Werner se bed.

Première diffusion : 16 juillet 2005

Episode 24

S1 E24 Episode 24

Manny Da Silva het probleme met sy dogter as sy uit die skool geskors word vir die gebruik van dwelms. Veronica vind uit wat Manie se houvas is op Claudette. Pieter sit met sy eie groot geheim.

Première diffusion : 23 juillet 2005

Episode 25

S1 E25 Episode 25

Burger beraam ‘n plan om Werner terug te kry, maar hy het JP se hulp daarvoor nodig. Veronica gee Claudette raad oor hoe om Manny da Silva se greep op haar te verslap. Tiaart kom agter wie Danél se nuwe kêrel is. Jacques maak ‘n oorlas van homself en Michelle weet nie meer watter kant toe nie. Dotty beplan om haar skoonheidsalon na die Brand-woning te skuif. André skrik hom koud as hy agterkom wie Danél se pa is, maar sy het ander planne. Michelle bedink ‘n manier om Jacques te ontduik wanneer hy aanbied om vir Dotty te skilder. Veronica se taktiek werk op Da Silva, tot Claudette se verligting.

Première diffusion : 30 juillet 2005

Episode 26

S1 E26 Episode 26

Dotty se assistent “Lelanie” kom kuier en JP raak onmiddelik op haar verlief. Claudette en Veronica se plan om van Da Silva ontslae te raak begin werk. Andre vind uit wie Da Silva se geld gesteel het.

Première diffusion : 6 août 2005

Episode 27

S1 E27 Episode 27

Da Silva dreig om Werner te laat boet vir sy gesteelde geld.. Burger dwing Werner om met Marie te trou voor hy Da Silva se geld sal terug betaal. JP raak verlief. Da Silva word deur Veronica verlei.

Première diffusion : 13 août 2005

Episode 28

S1 E28 Episode 28

Première diffusion : 20 août 2005

Episode 29

S1 E29 Episode 29

Da Silva besef wat Claudette en Veronica se plan is met hom. Claudette vind uit Da Silva weet nie waar Willie is nie. Veronica gooi gif in Da Silva se drankies. Claudette vertel vir Marius alles.

Première diffusion : 27 août 2005

Episode 30

S1 E30 Episode 30

Da Silva is in die hospitaal, maar dit keer hom nie om nog steeds onheil te saai nie. Burge en Adel probeer opmaak, maar Tiaart is in die pad. Veronica raak desperaat en probeer Da Sila vergif.

Première diffusion : 3 septembre 2005

Episode 31

S1 E31 Episode 31

Veronica is besig om Da Silva te vergif. JP se meisie los hom vir ‘n bouncer. Veronica probeer vir Willie verlei om weer met haar ‘n verhouding aan te knoop. Boet saboteer Willie se kar met tragiese gevolge vir Da Silva.

Première diffusion : 10 septembre 2005

Episode 32

S1 E32 Episode 32

Sonja daag onverwags by die huis op. Veronica is hoogs ontstoke en sweer wraak. Willie vererger dinge deur Veronica af te dank. Da Silva ontdek tot sy nadeel dat sy plan om Willie dood te maak tot sy eie nadeel skeefgeloop het.

Première diffusion : 17 septembre 2005

Episode 33

S1 E33 Episode 33

Veronica dreig vir Sonja om van Willie te skei. Werner verdedig sy vrou as Michelle katterig raak met Marie. Werner se biologiese ma daag onverwags op. Willie betrap vir Veronica wat vir Da Silva vergiftig.

Première diffusion : 24 septembre 2005

Episode 34

S1 E34 Episode 34

Willie en Sonja besluit om hulle huwelik te probeer red. Die familie staan saam om die besigheid te red. Burger probeer vir Dotty ‘n date reël. Michelle vind uit sy verwag. Haar man Pieter is erg geskok, want hy het ‘n geheim.

Première diffusion : 1 octobre 2005

Episode 35

S1 E35 Episode 35

Da Silva word sag, maar dis te laat. Willie gee ‘n nuwe trouring vir Sonja, vir ‘n nuwe begin. Dottie kry ‘n date. Pieter besluit om te bedank en uit die Brand huis uit te trek. Marie kry probleme met haar bevalling.

Première diffusion : 8 octobre 2005

Episode 36

S1 E36 Episode 36

Marie is in ‘n koma en Werner moet self na hulle baba omsien. Werner maak op met sy Ma. Michelle voel hoe dit is om weer alleen te wees. Sonja en Willie ontdek iets gruweliks van Andre.

Première diffusion : 15 octobre 2005

Episode 37

S1 E37 Episode 37

Première diffusion : 22 octobre 2005

Episode 38

S1 E38 Episode 38

Dotty gee almal hel omdat sy moet ophou rook. Sy verbreek haar verhouding met Hendrik. Marius kry sy moed bymekaar en wil vir Claudette vra om te trou, maar dinge loop skeef. Veronica word gearresssteer.

Première diffusion : 29 octobre 2005

Episode 39

S1 E39 Episode 39

Claudette en Marius trou. Dotty en Hendrik maak op. Sonja en Willie staan op skei en slegs ‘n wonderwerk kan nou hulle huwelik red. Dan ontdek Dotty iets wat baie na aan ‘n wonderwerk is.

Première diffusion : 5 novembre 2005